Modulekode | BOT 365 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | Die module behels ’n oorsig van die ontdekking en gebruik van plantmedisynes en belangrike fito-geneeskundige molekules wat deur plante geproduseer word. Sekere aspekte van natuurlike produkte chemie soos die biosintese en ekologiese rol van die drie hoofgroepe sekondêre verbindings: terpenoïede, fenole en alkaloïede word bespreek. Die rol van hierdie natuurlike produkte in verdediging teen mikroörganismes en herbivore word behandel. ? Inleiding tot metabolomika en toepassings in die veld word bespreek. Die fundamentele beginsels van alternatiewe medisyne soos homeopatie, ayurvediese genesing, akupunktuur, en so meer sal ook bespreek word. Praktiese geneesmiddelontdekkings-benaderings sal met die hulp van chromatografiese tegnieke gevolg word vir fitochemiese analises van sekondêre metaboliete soos tanniene, alkaloïede, sterole en saponiene. Biotoetse op mikroörganismes sal ook gedoen word tydens die praktikumsessies met die doel om vaardighede te ontwikkel vir die moontlike ontdekking van nuwe antibiotikums. Besoeke na verskeie farmaseutiese laboratoriums word gereël. |
Modulekrediete | 18.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Opvoedkunde |
Voorvereistes | BOT 161 of TDH |
Kontaktyd | 2 lesing per week, 1 praktiese sessie per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Plantkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App